Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blom van die Baaierd" (1) deur D.J. OPPERMAN
"Blom van die Baaierd" (1) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58218] Wo, 06 Maart 2002 22:49 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

BLOM VAN DIE BAAIERD
D.J. Opperman

1. Vlermuis

Bloedhonde vat met fyn getjank die spore
tussen wrakhoute en geraamtes aan die Dodekus,
verby dwergstruike die kalkbulte oor;
en in dié streek, van elke been en wiel bewus,
gaan geen teken of beweging ooit verlore.

'n Binnelig uit God se eerste daeraad
lê nog beslote in derduisend diamante,
afgekamp tussen versperrings doringdraad
waar rooi geverf staan op groot planke:
"Streng verbode! Niemand word hier toegelaat."

'n Bruin sandadder, dun en kierieblink,
gly deur 'n trassiebos na 'n klipskeur -
die wêreld het tot dood en wit soutpan versink,
en dorp en doringboom staan in die beur
van bliksem en die Duiwelswind vermink.

(word vervolg)
Re: "Blom van die Baaierd" (1) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58236 is 'n antwoord op boodskap #58218] Do, 07 Maart 2002 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C869D48.1090204@rogers.com...

> BLOM VAN DIE BAAIERD
> D.J. Opperman

Diamand! Diamand! Stuur vir ons die Liid fan di Diamand!
Re: "Blom van die Baaierd" (1) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58243 is 'n antwoord op boodskap #58236] Do, 07 Maart 2002 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> skryf in boodskap news:3C869D48.1090204@rogers.com...
>
>
>> BLOM VAN DIE BAAIERD
>> D.J. Opperman

>
> Diamand! Diamand! Stuur vir ons die Liid fan di Diamand!

Wees geduldig, Samuel. Dit kom nog.
Hoe gaan dit met die babetjie?

Gloudina
Re: "Blom van die Baaierd" (1) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58273 is 'n antwoord op boodskap #58243] Vr, 08 Maart 2002 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C8766F5.7010808@rogers.com...

> Voetleuce wrote:

>> skryf in boodskap news:3C869D48.1090204@rogers.com...

>>> BLOM VAN DIE BAAIERD
>>> D.J. Opperman

>> Diamand! Diamand! Stuur vir ons die Liid fan di Diamand!

> Wees geduldig, Samuel. Dit kom nog.
> Hoe gaan dit met die babetjie?

Hy is drii weke oud en soms slaap hy lekker sag en soms huil hy di
hele nag deur. Gewoonlik slaap ek wél die hele nag deur :-)
Re: "Blom van die Baaierd" (1) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58280 is 'n antwoord op boodskap #58273] Vr, 08 Maart 2002 14:12 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> Hy is drii weke oud en soms slaap hy lekker sag en soms huil hy di
> hele nag deur. Gewoonlik slaap ek wél die hele nag deur :-)

Wel, Samuel, dis nou maar julle voorland vir
'n hele lang tyd.
Daar is twee skole oor waar 'n babetjie slaap
gedurende daardie eerste weke. Sommige mense
hou die baba by hulle in die bed. Ek glo weer
dat die baba sy eie lêplek moet hê as hy aan
die slaap is, maar onmiddellike aandag as hy
begin huil. Albei skole is glo reg.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Blom van die Baaierd" (5) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Blom van die Baaierd" (6) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 10:42:27 MGT 2024